Onderwerpe op refoforum
Geplaatst: 19 aug 2010, 13:22
As Dopper (lidmaat van die GKSA = Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika) ken ek min of meer die basiese geskiedenis van die gereformeerde kerke in Nederland, veral Dordt 1618/19 wat ook die geestesgoedere was waarmee Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaappunt geland het.
Ook so dra ek kennis van die Afskeiding, Doleansie, Vrymaking, ens.
Maar, ek ken nie die geskiedenis van die 'gereformeerde bevindelikes/gesindes' in die 20ste eeu in Ndl so goed nie, veral nie hoe dit NOU gaan nie. Ek wil dus meer leer van hoe die gereformeerde gesindes dink en glo oor die Bybel, geloof, kerk, kultuur, toekoms, ens VANDAG en wat die ooreenkomste maar ook verskille is tussen die verskillende gereformeerd gesinde kerke in Ndl.
Daarom dat ek op hierdie forum ingeteken het om meer van julle te leer. Ek is redelik op hoogte van die gereformeerde/presbiteriaanse kerke in die VSA, maar wil ook nou meer leer van die Nederlandse kerke en situasie in Europa.
Die GKSA het in die 1970's finaal sustersbande gebreek met die GKN, en daarna was die verhouding met Nederland nie meer so sterk nie, behalwe met CGK en die Vrygemaaktes. Die GKSA is ongelukkig 'n deformerende kerkverband in sekere aspekte, veral oor Skrifbeskouing en ampskwessie.
Maar, daar is heelwat gemeentes, predikante en lidmate wat nog sterk wil staan in die geref belydenis en wat worstelend is.
Maar, omdat ek 'n nuwe lid is, wil ek meer lees en weet hoe julle glo en dink, daarom vra ek hulp oor die volgende onderwerpe, wat dalk reeds bespreek is op refoforum, sodat ek dit kan gaan lees:
1. Uitverkiesing en Verbond
2. Die prediking van die heilsbelofte
3. Geboortebeperking
4. Egskeiding en hertrou
5. Eskatologie; chiliaisme
6. Kerk en staat (teokrasie)
7. Vermaak (TV, sport, internet, films, drama, ens.)
Daar is ook ander onderwerpe, maar ek wil oor hierdie onderwerpe meer lees. Enige blogs, artikels, boeke, ens. wat my kan help, sal waardeer word.
Groete